Damloper
F5.6, 1/500sec, ISO 400, 300mm
Die onderstaande skoot is geneem met 'n onlangse besoek aan die Kruger Wildtuin. Seekoeie bak graag (nee, nie beskuit of skons nie!) in die son tydens koeler seisoene. Anders as wat mens sou dink, swem hul nie in die ware sin van die woord nie. Seekoeie loop eerder op die bodem van riviere of damme deur uit te asem voordat hulle duik. Hulle kan asem ophou vir tot 6 minute, wat ook 'n goeie riglyn bied vir 'n seekoeifotograaf wie se seekoei nou-net onder die water verdwyn het..
- Tags: Kruger National Park, Mpumalanga, Wildlife